MTN mik om teen die einde van die jaar 5G-dekking aan 25% van Suid-Afrika se bevolking te verskaf.
Die netwerkoperateur het reeds meer as 1 000 aktiewe 5G-gebiede, maar brei sy dekking “elke dag” uit, sê Charles Molapisi, uitvoerende hoof van MTN Suid-Afrika.
“Ons wil 5G-verbinding oor byna elke deel van Suid-Afrika hê. Ons wil die voordele van die vierde nywerheidsrevolusie op ’n doeltreffende manier aan meer mense bring. Dit beteken om ons 5G-dekking elke dag uit te brei, met aanvanklik ’n sterk fokus op belegging in hoofmetro’s, buitestedelike gebiede en groter townships.”