Sosiale media bied ’n wêreld van geleenthede, maar
gebruikers moet ingelig bly as hulle nie probleme wil hê nie.
Daar is vyf soorte kuberbedreigings waarvoor ’n mens op die uitkyk moet wees as jy op sosiale media bedrywig is. Dit sluit in sosiale manipulasie, uitvissing, gyselware, die naboots van handelsmerke en catfishing (wanneer ’n persoon voorgee om iemand anders te wees).