Google speel kat en muis met die Mededingingskommissie wat probeer vasstel of klein ondernemings ’n billike kans op die maatskappy se soekenjin kry.
Verteenwoordigers van Google het Donderdag vrae van James Hodge, voorsitter van die markondersoek na aanlyn platforms, ontduik omdat dit “marksensitiewe” inligting bevat.
Dit sluit in sy vraag oor hoeveel mense verder as die eerste blad antwoorde op ’n Google-soektog blaai.