Afrikalande is nie gevrywaar teen kuberaanvalle nie en is nou op die lys van die mees geteikende gebiede in die wêreld, wys navorsing.
Trouens, een uit drie firmas op die vasteland wat aan ’n peiling deelgeneem het, was in die afgelope 12 maande die slagoffer van kuberkrakers, luidens ’n verslag genaamd “KPMG Africa Cyber Security Outlook 2022”.
300 klein en groot maatskappye in lande soos Suid-Afrika, Nigerië, Rwanda, Mosambiek, Ghana en Kenia het aan die peiling deelgeneem.