Apple hou nog altyd daarvan om dinge op sy eie manier te doen, maar dít is dalk nou aan die verander.
Bloomberg berig dat Apple sy toekomstige iPhone-modelle toets wat die huidige Lightning-laaipoort vervang met die meer algemene USB-C-kabel wat deur die meeste nuwe slimfone vir herlaai en data-oordrag gebruik word.
Volgens bronne met kennis van die aangeleentheid is dit ’n stap wat die maatskappy oorweeg sodat hy aan Europese regulasies kan voldoen.