Die wêreld se rykste man is effens bekommerd oor Twitter se botte en hoe dit die waarde van die maatskappy beïnvloed.
Bloomberg berig Elon Musk het gesê hy sal voortgaan met sy $44 miljard-oorname van Twitter, slegs as die sosialemediareus beweringe kan staaf oor die verhouding tussen werklike gebruikers en die getal botte op sy platform. Die botte verwys na vals outomatiese rekeninge.
Die miljardêr het getwiet “die ooreenkoms kan nie voortgaan nie” tensy Twitter bewyse lewer dat minder as 5% van sy gebruikers botte is, wat dui op sy vermoede dat die verhouding veel hoër is. Musk het al per geleentheid gesê hy glo minstens 20% van Twitter-rekeninge is vals rekeninge.