Die konstitusionele hof het beslis dat die besluit van Khumbudzo Ntshavheni, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, om die analoog-TV-sein einde Junie af te skakel, onwettig is.
Dit kom nadat die datum reeds vroeër vanjaar uitgestel is van einde Maart tot einde Junie.
Die gratis TV-diens e.tv het toe die hof genader om die analoog-afskakeling te keer. Daar is geraam dat 8,25 miljoen arm Suid-Afrikaners ná die afskakeling nie meer TV sal kan kyk nie. Meer as die helfte van e.tv se kykers val moontlik in dié groep.