Suid-Afrikaners weet nie eintlik wat gebeur aan die einde van Ramadaan nie, maar wou uitvind. Hulle wou ook graag mooi boodskappies vir Moedersdag skryf.
Dit blyk uit die soekaktiwiteite in Mei op Google.
Daarby was mense ook nuuskierig oor groot sportbyeenkomste, nasionale vakansiedae en gebeurtenisse wat die ekonomie beïnvloed het.