Twitter se nuwe eienaar het in Desember opgehou om huur vir die hoofkantoor in San Francisco te betaal.
Dié aantyging teen Elon Musk word gemaak in ’n regsgeding wat deur die verhuurder begin is.
Die sosialemediamaatskappy het versuim om die huur van $3,36 miljoen (sowat R57,74 miljoen) vir Desember vir sy kantore by Market Street 1355 te betaal. Die $3,42 miljoen (R58,77 miljoen) vir Januarie se huur is ook nie betaal nie, het Sri Nine Market Square LLC, eienaar van die gebou, in ’n regsgeding gesê wat Maandag by die federale hof in Kalifornië ingedien is.