Medici wag nou al meer as twee weke lank op betalings van miljoene rande vir werk wat in Life Healthcare se hospitale gedoen is.
Die private hospitaalgroep het in antwoord op navrae gesê hy is nié deur ’n kuberaanval geteiken soos in Junie 2020 tydens een van die donkerste fases van die Covid-19-pandemie nie.
Die groep, wat 66 hospitale in Suid-Afrika bedryf, sê hy is dié keer deur ’n “hardewarefout” verlam.