Google het ingestem om sommige nuusbronne te betaal vir die nuus wat hy in sy apps aan sy gebruikers wys.
Die tegnologiereus word reeds lank daarvan beskuldig dat hy nuusdienste se inhoud gratis op sy platforms gebruik.
In ’n toegewing aan die bedryf het Google ingestem om $1 miljard oor drie jaar aan inhoudskeppers te betaal, het die maatskappy Donderdag gesê.