Jy kan nou veiliger voel om handel te dryf op Gumtree nadat die maatskappy aangekondig het dat hy nuwe sekerheidsmaatreëls gaan toepas.
Gumtree, een van Suid-Afrika se grootste webwerwe vir geklassifiseerde advertensies, gaan kopers en verkopers nou vra om hul rekening te verifieer.
Gumtree het ’n vennootskap aangegaan met die kredietinligtingsburo XDS, ’n filiaal van die genoteerde tegnologiefirma EOH, om rekeningverifikasie op sy platform bekend te stel.