So lekker soos ’n raakskerm is, so grillerig kan dit raak as dit vuil gevat is deur jou vingerafdrukke.
Dis egter iets waaraan gewerk word – en nie deur ’n selfoonvervaardiger nie, maar ’n motorvervaardiger.
Volgens die webwerf Gizmodo is General Motors (GM) besig om aan iets te werk wat amper soos towerkrag vingerafdrukke oornag sal laat verdwyn. Die nuwe skerm, wat vingermerke sal uitwis, is reeds gepatenteer.