As jy dit nie kan bekostig om die nuutste elektronika aan te skaf nie, kan jy dit nou begin huur.
Die Suid-Afrikaanse maatskappy Rentoza, wat in 2017 gestig is, bied almal die kans om dié duur speelgoed te gebruik met huurkontrakte van tot 12 maande lank.
Mishaan Ratan, bemarkingshoof van Rentoza, sê: “Rentoza gee Suid-Afrikaners toegang tot die beste produkte, of jy toegang tot krediet het of nié.”