As jou rekenaar byderhand is, gebruik jy waarskynlik nie meer jou foon om WhatsApp-kitsboodskappe te stuur nie. Die meeste mense geniet die gerief van WhatsApp Web, veral dié wat met meer as twee vingers kan tik.
Nou is daar ’n nuwe weergawe van die web-app wat beteken jou foon hoef nie eens meer aan te wees vir jou om WhatsApp Web te gebruik nie.
WhatsApp Web is doodeenvoudig ’n weergawe van WhatsApp wat jy gebruik op ’n rekenaar se internetblaaier. In plaas van elke keer jou foon hoef op te tel en terug te antwoord, kan jy die web-app gebruik om steeds in verbinding te bly met jou kontakte.