Die koste om ’n Uber- of Bolt-taxi te bestel, het die laaste paar dae veral in Gauteng die hoogte ingeskiet nadat dié bestuurders landwyd begin staak het.
Die staking, wat op 22 Maart begin het en tot 24 Maart duur, word die swaarste in Gauteng gevoel, waar bestuurders mekaar intimideer en selfs voertuie beskadig om te keer dat hul kollegas werk.
Business Insider berig dat dit Dinsdagoggend R1 000 sou kos vir ’n rit van net 15 minute. Dieselfde rit sou op Bolt R708 kos. Dis aansienlik meer as vantevore omdat minder bestuurders op die app beskikbaar is.