Daar is ’n app vir alles, so hoekom nie een wat jou help met jou dieet en leefstyl nie?
Diëte of eetplanne is niks nuuts nie, maar met tegnologie is daar nou die kans om beter tred te hou van wat jy eet of nie moet eet nie – of wanneer.
Slimfone en slimhorlosies het die fiksheidswêreld ’n tweede asem gegee. Benewens om net na die gimnasium te gaan, kan jy nou al jou aktiwiteite beplan en die data daarvan gebruik om jou ’n beter kans te gee om jou doelwitte vinniger te bereik.