Die Covid-19-pandemie het nie net die wêreld se tegnologiegebruik laat versnel nie, dit het mense ook meer aandag aan die binnekant van hul huise laat skenk.
Volgens AEG, een van Suid-Afrika se grootste vervaardigers van huishoudelike toestelle, het die moderne huis se benodigdhede baie verander in die afgelope twee jaar.
Die maatskappy, wat bekend is vir handelsname soos Electrolux en Kelvinator, het navorsing gedoen onder kliënte oor hoe huise verander en aangepas is as gevolg van die Covid-19-pandemie.