Disney+ is van 18 Mei in Suid-Afrika beskikbaar teen net R119 per maand, meer as dubbel soveel as die goedkoopste Netflix-pakket.
Dit is die jongste toevoeging tot Suid-Afrika se groeiende aanbod van stromingsdienste. AfriForum het pas ook AfriforumTV, die eerste gratis stromingsdiens in die land, bekend gestel.
Disney+ bied toegang tot meer as 1 000 flieks, 1 500 reekse en meer as 200 oorspronklike reekse, alles vervaardig deur Disney, Pixar, Marvel, Star Wars, National Geographic en die vermaakgroep Star.