WhatsApp-rekords van miljoene mense in 84 lande is in die gedrang nadat die inligting gesteel is en nou te koop is.
TechRadar en ZeeNews berig volgens ’n bekende gemeenskapsforum vir “krakers” is die data van byna 500 miljoen mense só in die hande gekry.
Verskeie bronne het die waarskynlikheid van die datadiefstal bevestig en beweer ’n bygewerkte databasis van 487 miljoen selfoonnommers wat in 2022 WhatsApp gebruik het, is betrokke. Dit kom neer op byna ’n kwart van alle aktiewe WhatsApp-gebruikers.