MTN se sterker finansiële prestasie het ’n verbeterde vooruitsig verseker by die kredietgradeerder Moody’s Investor Services.
MTN sê in ’n verklaring dat hy Moody’s se opgradering van sy kredietvooruitsigte van negatief na stabiel verwelkom.
Moody’s het die laaste paar dae verskeie maatskappye se gradering na stabiel verander in pas met die besluit om die vooruitsigte vir Suid-Afrika se soewereine gradering van negatief na stabiel te verander.