MTN se inkomste en getal intekenare het in die eerste kwartaal van die jaar aansienlik gegroei, sê die maatskappy in ’n handelsopdatering wat Vrydag op Sens, die JSE se nuusdiens, uitgereik is.
Ook die dataverkeer op sy Suid-Afrikaanse netwerk het stewig gegroei en was 46,7% hoër as in die vergelykende kwartaal verlede jaar. Sy getal aktiewe data-intekenare het met 14,1% tot 17,3 miljoen gestyg, lui die opdatering.
Oor die hele groep het die diensinkomste met 15,9% gegroei tot R45,76 miljard vergeleke met R42,26 miljard in die eerste drie maande van 2021.