David Kan, stigter en uitvoerende hoof van die tegnologiefirma Mustek, is oorlede.
Mustek het in ’n verklaring aangekondig dat “ons baie geliefde en gerespekteerde uitvoerende hoof oorlede is”.
“Ons betuig ons innige meegevoel met David se familie. Ons dink aan hulle in dié baie moeilike tyd.”