Die My Smart City-app sprei sy vlerke en gee gebruikers meer inligting en maniere om in hul stad te werk en speel.
Die app is ’n gratis platform, ontwikkel deur Acumen Software, waardeur inwoners probleme met dienslewering kan aanmeld of inligting oor hul munisipaliteit kan opspoor.
Dit word nie deur die regering bedryf nie.