Die stromingsreus Netflix verloor veld. Dit blyk uit die feit dat hy wéér afleggings aangekondig het.
Dié keer besnoei Netflix 300 poste – ongeveer 4% van sy arbeidsmag – nadat hy in Mei 150 mense afgedank het. Die meeste poste word in die VSA besnoei.
Die BBC berig die besluit kom omdat die maatskappy te midde van groter mededinging van ander stromingsdienste steeds met traer groei in inkomste worstel.