Suid-Afrika het nou sy eie platform vir die verkoop van onvervangbare bewysstukke (NFT’s), ’n nuwe vorm van digitale bate wat wêreldwyd posvat.
Die Momint-platform is Vrydag op sosiale media bekend gestel.
Volgens Momint is die platform daarop gemik om plaaslike skeppers – insluitend rolprentvervaardigers, kunstenaars, musikante en sportsterre – in staat te stel om hul werk regstreeks aan ondersteuners te verkoop as ’n NFT.