OLX, ’n webwerf vir geklassifiseerde advertensies wat wêreldwyd sake doen, het sy virtuele deure in Suid-Afrika gesluit.
Die OLX-groep word deur Prosus besit, ’n kruisaandeelhouer van Naspers met dieselfde bestuur en direksie.
Die stap is Dinsdag opgemerk toe die OLX-webwerf olx.co.za ’n boodskap geplaas het wat sê die onderneming bestaan nie meer nie. Besoekers aan die webwerf wat ’n motor of huis wil koop, word na onderskeidelik AutoTrader en Property24 verwys.