Microsoft 365- en Azure-produkte het Woensdag oor die wêreld heen van lyn af gegaan en het talle kantoorwerkers wêreldwyd met hul hande in die hare gelaat.
Volgens Microsoft het die probleem omstreeks 07:00 Suid-Afrikaanse tyd opgeduik. Om 09:31 het Microsoft getwiet dat hy die probleem ondersoek.
Kort daarna is bevestig dat dit ’n netwerkprobleem is en dat Microsoft dit monitor.