Rain, Suid-Afrika se jongste verskaffer van selfoondienste, hoop om teen Desember aanstaande jaar minstens 700 5G-torings landwyd te hê.
Die diensverskaffer het reeds 250 sulke torings, en is ook Suid-Afrika se eerste netwerk wat 5G-verbindings bied.
5G is die opvolger van 4G, oftewel LTE, en bied ’n internetspoed wat tot 100 keer vinniger is as 4G oor ’n selfoonnetwerk.