Die Covid-19-pandemie het tegnologie op alle vlakke bevorder en die akademie het nie op hom laat wag nie.
’n App wat dit maklik maak om eksamens af te neem sonder dat studente in fisieke lokale teenwoordig moet wees, het vinnig opgang gemaak.
Meer as 15 plaaslike universiteite, beroepsliggame en selfs skole gebruik al The Invigilator App. Die ontwikkelaars van die app is nou gereed om dit wêreldwyd uit te brei.