Al kan kykers nou direk met die SAUK se splinternuwe app inhoud stroom, moet hulle steeds hul TV-lisensie betaal, maan die SAUK.
Die openbare uitsaaier het verlede Donderdag sy nuwe stromingsdiens, SABC+, bekend gestel. Kykers kan die app aflaai en direk op hul foon, rekenaar of televisie na die SAUK se programme kyk. Dit is boonop gratis.
Die SAUK maan kykers egter om steeds ’n TV-lisensie te hê as hulle van plan is om die stromingdiens op ’n TV-stel te geniet – selfs al versend jy dit na jou TV-stel vanaf jou foon of skootrekenaar.