Suid-Afrika het dringend ’n gespesialiseerde eenheid nodig om die land teen kuberaanvalle en data-uitlekking te beskerm.
Die jongste navorsing toon dat ook gyselware-aanvalle die afgelope jaar meer as verdubbel het.
Daarom het Suid-Afrika dringend ’n kuberkommissaris nodig wat aan die hoof sal staan van alle kuberveiligheidsverwante aangeleenthede in die land, het Glynnis Breytenbach, DA-LP en die party se woordvoerder oor justisie en konstitusionele ontwikkeling, gesê.