Sommige Suid-Afrikaners het behoorlik uitgehaal en gewys toe hulle aanlyn winskopies raakgeloop het op Swart Vrydag.
Teen 14:00 was die grootste besteding per persoon vir die dag steeds die R397 217 wat een persoon in twee transaksies spandeer het.
Nog ’n Suid-Afrikaner het R284 625 aan een aanlyn mandjie bestee, die grootste enkele transaksie tot dusver. Dis reeds tussen 03:00 en 04:00 bestee.