Die DeLorean is binnekort weer op die pad, maar dié keer met elektriese krag.
Die DeLorean is natuurlik ’n baie vreemde motor. Dit is eerstens is nie ’n besonder goeie motor nie, maar dit is gemaak van vlekvrye staal, dit het sogenaamde meeuvlerk-deure en is ook ’n Hollywood-ster.
Ongelukkig was die DeLorean Motor Company (DMC) se produksie van die motor nie so voorspoedig nie en hy kon net die motor van 1981 tot 1983 uitbring.