Elke winkel het ’n winskopie-hoekie waar ’n mens elke nou en dan ’n juweel kan uitsnuffel.
Een van Suid-Afrika se inkopie-webwerwe, OneDayOnly, bied nou so ’n hoekie aanlyn aan onder die naam Everyday Essentials.
Hier sal jy, soos die naam aandui, produkte vind wat jy elke dag gebruik, soos vir skoonmaak, babas en higiëne.