Vodacom is Suid-Afrika se koning van mobiele netwerke, volgens navorsing deur die datamaatskappy Tutela.
Tutela grond die navorsing vir sy Mobile Experience Snapshot op verskeie faktore, insluitend selfoonseinsterkte, verbindingsgehalte en die werkverrigting van verskillende apps in verskillende gebiede.
Vodacom het in die Mobile Experience Snapshot vir April in al dié opsigte beter gevaar as MTN, Telkom en Cell C. Die navorsing is van Januarie tot Maart gedoen.