Meta, die maatskappy wat Facebook, WhatsApp en Instagram besit, gaan dalk met 10% van sy omset in Suid-Afrika beboet word omdat hy na bewering sy markoorheersing misbruik het.
Die Mededingingskommissie het dié aanbeveling aan die Mededingingstribunaal gedoen nadat WhatsApp in Julie 2020 gedreig het om die platforms GovChat en #LetsTalk van sy toepassing vir ondernemings te verwyder.
Dis afgeweer deur ’n ’n tussentydse interdik wat die Mededingingstribunaal op 14 November 2020 aan GovChat toegestaan het wat Facebook verbied om GovChat van die WhatsApp Business Application Programming Interface (API) te verwyder totdat ’n ondersoek voltooi is. Die tussentydse bevel het op 11 Maart verval, maar die Mededingingstribunaal sal nou eers die saak oor die voorgestelde boete aanhoor.