Cyril, help ons. My studentevriend woon op straat...

akkreditasie
Tiffany Fielies.
Tiffany Fielies.

Beste president Cyril Ramaphosa

Kom ek stel myself voor, my naam is Tiffany Fielies. Ek is ’n vierdejaar- (in 2019) onderwysstudent by die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie. Ek is grootgemaak in ’n klein plekkie met die naam Slangrivier. Ek neem my studies baie ernstig op en het die 2018- akademiese jaar met nege onderskeidings afgesluit.

Ek is ’n trotse plattelandse meisie wat nie vir enige challenge skrik nie. Maar niks kon my voorberei vir die studentelewe nie.

En dis sommer die onderwerp van my brief. “Die studentelewe”. My studentelewe. Jou studentelewe. Ons studentelewe.

Kan ons eerlik wees?

Toe ek in matriek was, het al die onnies gesê: “Gaan studeer! Die studentelewe is altyd lekker!” En wat is die vraag wat ek nou vir my matriek-onnies sal vra . . . “Wat is julle definisie van lekker?”

  • Kan ons asseblief eerlik wees met eerstejaarstudente? Kan ons asseblief hulle goed voorberei vir universiteit?
  • Ek vra dit omdat ek sien hoe my medestudente verslaaf raak aan drank en dwelms.
  • Ek vra dit omdat ek sien hoe vroulike studente nie verkragtings aanmeld nie oor die polisie ons uitlag.
  • Ek vra dit omdat een van my eerstejaar-vriende tans op die straat bly.
  • Ek vra dit omdat daar soveel studente selfmoord pleeg, alleen, in hul klein koshuiskamer sonder enigeen wat besef dis besig om te gebeur.
  • Ek vra dit omdat soveel van my vriende, ek ingesluit, aan depressie ly.
  • Ek vra dit omdat ons medisyne moet neem net om wilskrag te hê sodat ons kan opstaan vir klasse.
  • Ek vra dit omdat daar in 2019 weer eens nuwe studente met universiteit begin en die meeste van hulle nie ’n support system het nie.
  • Ek vra dit omdat ek net die heel beste wil hê vir my medestudente.

Dis moeilik om ’n student te wees

My punt is, kan ons bietjie fokus op die negatiewe aspekte van die “studentelewe”? Dis moeilik om in 2018 ’n student te wees. Ons moet hierdie kwessies op kampusse uitlig. Daar moet meer ondersteuning aan studente verleen word. Meer sielkundiges. Meer fokusgroepe. Anonieme telefoon-ondersteuning, ensovoorts. Asook ’n lang en eerlike gesprek met eerstejaarstudente.

Ek weet dis dalk bietjie baie gevra, maar ek gaan vra. My ouma sê altyd, vra is vry en weier daarby.

Ek is nou wel maar net een van die miljoene studente op hierdie aarde, maar ek weet tog ek kan ’n verskil maak deur te praat vir die studente wat voel hulle het nie meer ’n stem nie.

Ek hoop hierdie brief maak ’n indruk op u.

Baie dankie

Beste wense en spesiale groete

Tiffany Fielies

  • Tiffany Fielies (23) studeer onderwys aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT). Sy kom oorspronklik van Slangrivier.
  • Hierdie meningstuk is 'n inskrywing in Die Student se Beste Cyril... kompetisie. Vir meer inligting oor die kompetisie, klik hier.
Rand - Dollar
16.64
-0.2%
Rand - Pond
20.15
-0.4%
Rand - Euro
17.01
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.61
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,790.94
+0.1%
Silwer
20.60
-0.4%
Palladium
2,198.50
-2.0%
Platinum
941.00
-0.4%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos