Dié 3 vroue kort ’n applous

akkreditasie
Teneal Appolis
Teneal Appolis

Vrouemaand is om ons land se vroue te vier. Die mooi, die lelik, ons foute, ons sukses en net ons vrouwees.

Hoewel daar talle uitsonderlike vroue in Suid-Afrika is, wil ek graag die volgende drie uitlig: Courtneigh Ess, Teneal Appolis en Jodi Jantjies.

Jodi Jantjies
Jodi Jantjies

Die meeste van ons is seker teen dié tyd al bekend met laasgenoemde en haar uitsonderlike prestasies.

Sy was al op TV-programme soos KLOP! en Koortjies met Jonathan Rubain. Sy het ook al met bekendes soos Karen Zoid en Yoma gewerk. Haar musiek het al oor die 1 000 kyke op YouTube. Sy was ook twee weke terug Huisgenoot se jongste ster van die week.

Appolis en Ess is baie bekend in die taaldepartement van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) en werk hand aan hand met lektore soos Steward van Wyk en Donovan Lawrence, wat al baie akademiese tekste gepubliseer het.

Ek het die eerste keer van Jodi te hore gekom nadat sy vir Die Student ’n rubriek geskryf het oor haar spraakprobleem en ek was toe al vervul met ontsag vir haar.

Die manier waarop sy nie van haar probleem wegskram nie, het my geïnspireer.

’n Paar weke gelede het sy op KLOP! verskyn en ek dink nie een van die kykers het met droë oë na die TV-skerm gekyk nie.

. . .as sy haarself so onvoorwaardelik lief kan hê en aanvaar, weet ander dat hulle dit ook kan doen.

Dit kon vir seker nie maklik gewees om op nasionale TV te gaan verskyn en te weet jy gaan die hele tyd hakkel nie.

Maar Jodi het deurgedruk en uitgehou. En vandag is daar ’n kind en selfs ’n grootmens minder skaam oor hul spraakprobleem danksy Jodi.

Vir Jodi is aanbieding belangrik. Dis ook vir haar belangrik dat hakkel genormaliseer word in ons gemeenskappe, want dit is normaal en nie iets om oor skaam te wees nie.

Jodi het haar kwesbaar gemaak en as sy haarself so onvoorwaardelik lief kan hê en aanvaar, weet ander dat hulle dit ook kan doen.

Courtneigh Ess
Courtneigh Ess

Courtneigh en Teneal was my Afrikaanse studieleiers op universiteit. Ek het gekies om hulle twee te vier, want hulle is albei inspirerende vroue. Hulle doen hul bes om vroue, veral bruin vroue, te verteenwoordig en elke stereotipe oor bruin Afrikaanssprekende vroue, spesifiek van die platteland, uit te daag en af te breek.

Albei het verlede jaar hul meestersgraad aan die UWK cum laude verwerf. Albei se werk was gefokus op swart feminisme in die Afrikaanse letterkunde. Op onderskeidelik 25- en 26-jarige ouderdom behaal hulle groot sukses en is hulle ’n groot inspirasie vir menige jong mens, veral jong vroue van die platteland.

Andrea van Rooi

Ek het gekies om hierdie drie uitsonderlike bruin vroue te vier, want hul veerkragtigheid inspireer my. Mag dit iemand anders ook inspireer. Mag ons vandeesmaand nes dié drie alles in ons lewe met die merkwaardige kombinasie van grasie, krag en veerkragtigheid aanpak.

  • * Andrea doen tans haar nagraadse onderwyssertifikaat by UWK. Sy is van Ceres en is 23 jaar oud.
  • * Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • * Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • * Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
-0.0%
Rand - Euro
16.65
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos