Die leuen van liberaal wees

akkreditasie

Deesdae gebruik mense die woord liberaal só liberaal jy sou dink dis All Gold-tamatiesous.

Dis vanjaar 24 jaar ná apartheid – binnekort ’n halwe eeu. En tog laat dié woord steeds ’n suur smaak in die mond. In plaas daarvan om dié onsuiwerheid onder die loep te neem, word veldtogte geloods om te dekolonialiseer en te ver-Afrika, alles in ’n poging om ’n gelyker Suid-Afrika te skep.

Tesame met al hierdie veranderings begin al hoe meer mense hul liberalisme uitbasuin, want ander moet tog wéét hulle is pro die nuwe Suid-Afrika. Natuurlik sonder enige besef van wat die nuwe Suid-Afrika behels.

Ek is ’n blanke, Afrikaanssprekende meisie en my vriende is in die algemeen óók blanke, Afrikaanssprekende meisies. Hoekom? Ons het dieselfde kultuur.

Vandag moet jy aan die hele wêreld vertel dat jy vriende van ander rassegroepe het. En ek sê nie jy jok nie, maar dikwels is jy vriende met iemand wat steeds dieselfde kultuur as jy het ten spyte van die kleur van hul vel.

Ek is ’n blanke, Afrikaanssprekende meisie en my vriende is in die algemeen óók blanke, Afrikaanssprekende meisies. Hoekom? Ons het dieselfde kultuur.

Dit het niks met rassisme te doen nie.

Dit het te doen met mense wat dieselfde raamwerk deel. Ja, ek het al baie goeie anderskleurige vriende gehad, maar ons het dieselfde grootgeword, ons praat dieselfde taal en ons kom uit dieselfde buurt. Net so het ek al vreeslik koppe gestamp met mense van dieselfde ras as ek omdat ons, ten spyte van ons velkleur, die wêreld anders sien.

Hoekom tog optogte?

Hiermee sê ek beslis nie dat daar enigiets fout is met ander kulture nie, maar dat daar verskille tussen ons is, gaan ek nie ontken nie en ek gaan definitief nie sê dat ek met alle fasette van ander kulture saamstem in die naam van liberalisme nie.

’n Groot teer punt is die kurrikulumveranderings op universiteit wat natuurlik ook deur liberale ondersteun word. Ek het absoluut geen beswaar teen die feit dat ek op die oomblik Afrikafilosofie bestudeer nie, inteendeel, dit gee my nuwe insigte. Tog gaan ek eerlik wees. Ek wil nie spesialiseer in Afrika spesifieke velde nie.

Ek wil leer van Europa, ek wil beslis in Afrikaans klas hê en ek dink nie dis moontlik dat almal in ons land oor die weg gaan kom nie. Hiermee sê ek nie dat daar nie die geleentheid geskep moet word om wel ’n Afrikagesentreerde kurrikulum te volg nie, maar moenie my die kans ontneem om ook te kan besluit watter werk ek wil bestudeer nie.

Ek wil leer van Europa, ek wil beslis in Afrikaans klas hê en ek dink nie dis moontlik dat almal in ons land oor die weg gaan kom nie.

Ek verstaan nie hoekom studente optogte hou as hulle ontevrede is nie.

Ek verstaan nie hoekom dit vir ander studente so ’n groot kwessie is om in Engels en nét Engels klas te hê nie.

Ek verstaan nie, want ek weet nie hoe hulle voel en hoe hulle redeneer nie.

Ek kan probeer om hulle punt in te sien, maar ek kan nie empatie hê nie, want om te empatiseer impliseer dat ek dieselfde as hulle ervaar het en dis loutere bog. Liberale wat sê hulle verstaan hoe ander mense en mense van ander rassegroepe dink, verstaan baie minder as wat hulle dink.

Ek is nie liberaal nie

Ek is nie ’n liberaal nie, want ek glo nie dat ware liberalisme ’n werklikheid in Suid-Afrika of enige ander land is nie. As daar soveel botsings tussen mense van dieselfde ras is, hoe op aarde is dit moontlik om ’n land met elf amptelike tale te versoen?

Liberalisme se etimologie kan teruggetrek word na die Engelse woord “liberated” wat beteken om vry van sosiale konvensies te wees.

As jy voorgee om die gedrag en sienings van ander groepe te ondersteun omdat jy as liberaal gesien wil word, is jy beslis nie vry nie. Dan word jy juis deur sosiale konvensies ingehok. En hoeveel keer het jy nie al iets gedoen of gesê net omdat dit is wat deur die samelewing oftewel sosiale konvensies van jou verwag word nie?

As jy voorgee om die gedrag en sienings van ander groepe te ondersteun omdat jy as liberaal gesien wil word, is jy beslis nie vry nie. Dan word jy juis deur sosiale konvensies ingehok

Ek het so gedink. My oplossing vir die skeidings in ons land is om almal verdraagsamer te wees.

Begryp dat jou manier van dink nie die enigste manier is nie.

Corine Raath

Besef dat jou taal nie die alfa en omega is nie, maar ook dat jy dit nie moet prysgee omdat ander hulle taal as belangriker ag nie.

Verdraagsaamheid strek verby die grense van ras. Moenie homoseksuele mense anders behandel omdat jy nie met hulle saamstem nie. Moenie mense oordeel voordat jy hulle storie ken nie.

Die belangrikste punt wat ek wil maak, is dat liberalisme nie beteken jy moet voorgee om saam te stem met alles wat ander mense doen nie. Dis nie die moeite werd om jouself, jou taal, jou waardes en jou kultuur in die proses te verloor nie.

Jou kultuur is spesiaal. Moet dit nie vergeet nie.

  • Corine Raath (19) studeer BA Wiskunde en Geesteswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit. Sy kom oorspronklik van Bellville in die Kaap.
besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 116/2
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 105/4
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.3%
Rand - Euro
16.92
+0.1%
Rand - Aus dollar
10.90
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,778.55
+0.5%
Silwer
23.93
+1.2%
Palladium
2,086.83
-1.1%
Platinum
1,044.19
+0.2%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,158
-0.4%
Alle aandele
66,727
-0.5%
Hulpbronne 10
62,801
-1.3%
Industriële 25
85,132
+0.3%
Finansiële 15
14,131
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos