Die waarde versteek in moeilike dae

akkreditasie

Het jy al jouself in ’n oomblik van stilte gevang dat jy wonder, hoekom is die lewe so moeilik?

Voel dit asof jou plafongebede tussen vier mure gevange bly.

Die samelewing vra gedurig vir Christene: “As jou God so wonderlik is, hoekom het jy dan so ’n moeilike paadjie om te stap?”

Kyla Prins

Maar tussen al die laataand gewonder, het 2020 my een belangrike les geleer – die waarde van moeilike dae.

As jy nooit moeilike dae gehad het nie, sou jy nooit geweet het hoe dit voel om ná die 100ste mislukking uiteindelik daardie doelwit te bereik nie.

Jy sou nie die soet van klein oorwinnings geken het nie. As jy nooit dae gehad het waar die gewig van die lewe met swaartekrag op jou skouers afgedruk word nie, sal jy dan steeds met ’n doel leef?

Moeilike dae daag ons elkeen persoonlik, op unieke maniere, uit om ons karakter te ontwikkel. Dit maak ons sterker. Dit leer ons waardevolle lesse. As jy elke droom sonder ’n enkele struikeling kon realiseer, sou dit werklik nog vir jou voel asof jy daardie prestasies verdien het?

2020 was ’n rowwe jaar, maar tussen die gesukkel deur, die opstaan en die weer probeer, kan elkeen van ons opreg sê dat daar hier en daar ’n dag propvol geluk was.

Al was dit net oor die blote feit dat jy ’n lang dag in die geselskap van hartsmense kon afsluit.

Dit is werklik die klein oomblikke in die lewe wat gevier moet word, want daardie klein oomblikke maak weer jou geestesbeker vol.

Ja, geluk is wonderlik, maar sonder die lewe se ongeluk sou ons geluk as vanselfsprekend aanvaar.

Sou jy regtig dan nog so gelukkig wees? Soos die gesegde lui: Te veel van ’n goeie ding is ’n slegte ding.

Blomme herinner my hoekom die reën so nodig is. Nes blomme moet jou geluk jou herinner hoekom moeilike dae nodig is.

Jy kan nie geluk of die lewe regtig waardeer sonder om dankbaar te wees vir die moeilike dae nie.

Ná 2020 loop my waardering oor vir die uiterste moeilike dae, want daarsonder sou elke prestasie, elke droom, elke hoogtepunt, maar net nog ’n dag gewees het.

  • Kyla Prins studeer BRek aan die Universiteit van die Vrystaat.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Rand - Dollar
15.75
+0.6%
Rand - Pond
19.80
+0.2%
Rand - Euro
16.81
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.18
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,847.78
+0.1%
Silwer
21.74
-0.1%
Palladium
1,987.00
+0.9%
Platinum
959.00
+0.1%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,788
+1.3%
Alle aandele
68,367
+1.2%
Hulpbronne 10
74,616
+2.9%
Industriële 25
73,018
+0.1%
Finansiële 15
15,916
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos