'Die wêreld het 'n belaglike plek geword'

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Marelize Roux Foto: Verskaf
Marelize Roux Foto: Verskaf

Ek is nie juis ’n aanhanger van Steve Hofmeyr nie. “Pampoen” en die liedjie oor die Blou Bulle is basies tot waar my kennis van sy musiek strek. Tog stem ek volkome saam wanneer hy op 3 April 2022 sê:

“I will defend anybody’s right to exist, no matter what you think you are, no matter how the world looks at you […] I myself do not care about how you identify. You are my equal. But only until you trample on the rights of others or try to sexualize our toddlers.”

Die wêreld het regtig ’n belaglike plek geword.

Vroue word verminder tot slegs hul liggaamsdele met titels soos “birthing people” en “individuals who menstruate” en “those with wombs”, alles in die naam van inklusiwiteit. Wat is die definisie van vrou dan, vra jy?

Nie eens die hooggeleerde Amerikaanse regter Ketanji Jackson was bereid om daardie vraag te beantwoord tydens haar bevestingsverhoor vir die Hooggeregshof Regter amp met al die senators nie. Netnou is haar antwoord nie polities korrek genoeg nie en die senators neem aanstoot namens die transgender-gemeenskap en feministe, en woeps! is sy haar werk kwyt.

Vir wie se regte veg hulle as ’n mens nie kan definieer wat ’n vrou is nie?

Gepraat van feministe: Vir wie se regte veg hulle as ’n mens nie kan definieer wat ’n vrou is nie? Wie is dan al die jare deur die sogenaamde patriargie verdruk?

’n Paar jaar gelede het dr. Jordan Peterson, ’n Kanadese kliniese sielkundige en professor, ’n oproer veroorsaak toe hy gepraat het teen nuwe wetgewing, genaamd Bill C-16, wat die Kanadese regering wou instel. Dié wetgewing het gehandel oor haatspraak en diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie. Peterson het dit gekritiseer en gesê dit sou sekere spraak afdwing omdat die wet die versuim om voorkeur-voornaamwoorde van transgender mense te gebruik as haatspraak sal klassifiseer.

Soos Hofmeyr, is Peterson as homofobies, transfobies, seksisties, ens. ens. beskryf, terwyl hy (Peterson) dit keer op keer duidelik gemaak het dat sy kritiek nie teen die transgender gemeenskap is nie, maar eerder teen die regering en sy poging om mense te dwing om spesifieke woorde te gebruik.

Die wêreld het regtig ’n belaglike plek geword.

Net so het Steve in sy video op 3 April verduidelik dat hy nie omgee oor jou seksuele oriëntasie of as wat jy identifiseer nie. Sy kritiek is net gemik op Disney en hul openlike “gay-agenda” soos dit deur Disney se uitvoerende vervaardiger beskryf is. Glo jy hom? Jy hoef nie.

Maar verduidelik vir my: Hoekom is dit omstrede om vyfjariges nie te wil blootstel aan seksuele beelde nie? Hoekom is dit kindermishandeling as jy nie jou tienjarige toelaat om onomkeerbare skade aan hul liggaam en gesondheid te rig nie? Hoekom is dit transfobies as vroue nie op die sportterrein wil meeding teen iemand met die longkapasiteit, beenstruktuur, spierdigtheid en anatomie van ’n man nie?

Die wêreld het regtig ’n belaglike plek geword. Ek kan nie besluit of Aldous Huxley se A Brave New World of George Orwell se 1984 ’n beter voorstelling is van waarheen ons op pad is nie.

  • Marelize is besig met haar honneurs in geoktrooieerde rekeningkunde aan NWU Potchefstroom.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie. 
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Rand - Dollar
17.03
-1.0%
Rand - Pond
20.12
+0.0%
Rand - Euro
17.09
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,745.99
-0.7%
Silwer
19.05
-2.5%
Palladium
2,124.00
-1.6%
Platinum
895.04
-2.1%
Brent-ruolie
96.59
+3.0%
Top-40
62,974
-1.9%
Alle aandele
69,719
-1.9%
Hulpbronne 10
62,153
-2.8%
Industriële 25
86,103
-0.9%
Finansiële 15
15,698
-3.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos