Dís wat vergifnis regtig is

akkreditasie
Goliath Ponie
Goliath Ponie

In my heel eerste meningstuk wat deur Die Student gepubliseer is, verwys ek na ’n drieledige boodskap van vergifnis, versoening en geregtigheid. In verdere twee meningstukke is die fokus op versoening, en in ’n ander een is dit weer op geregtigheid.

In hierdie meningstuk verduidelik ek hoe hierdie drieledige boodskap gebore is en hoe die samelewing daarby kan baat vind. Ek wei ook meer uit oor vergifnis.

Met dié boodskap probeer ek ’n beter en sterker samelewing bou. Nie net in die Suid-Afrikaanse gemeenskap nie, maar ook in die internasionale konteks.

Moeilike onderwerp

Dit is nie ’n maklike onderwerp om oor te praat nie. Maar dit is ’n werklikheid, ons moet die waarheid sien vir wat dit is. Of ons nou daarvan hou of nie.

Ek onthou die eerste geleentheid wat ek gehad het om oor hierdie onderwerp te praat. Ons was ’n klein groepie teologiestudente wat jaarliks op die teologiefakulteit se kamp gegaan het. As een van die studenteleiers, was ek verantwoordelik vir die boodskap op die kamp.

Maar dit is ’n werklikheid, ons moet die waarheid sien vir wat dit is. Of ons nou daarvan hou of nie.

Ek het baie nagedink oor die soort boodskap wat ek wou bring. Ek wou graag hê dat dit ’n boodskap moet wees wat verskillende rasse bymekaar bring, ’n boodskap wat eenheid en harmonie bewerkstellig.

En dit is dan hoe hierdie drieledige boodskap lewe gekry het. Drie belangrike woorde wat nie van mekaar geskei kan word nie. Woorde wat lewens verander en nasies bymekaar bring.

Dié woorde is ’n keuse

Ek moet erkenning gee aan die Suid-Afrikaanse konteks waaruit hierdie boodskap gebore is. Ons moet die boodskap ook op ander Afrika-lande en selfs lande so ver as Amerika kan toepas. Suid-Afrika en Amerika deel een spesifieke ooreenkoms.

LEES OOK: 'Hoe lank gaan ons nog die verlede teen mekaar hou?'

Suid-Afrika het in sy verlede gestry teen apartheid en rasseverdrukking, terwyl verdrukking en rassediskriminasie net so ’n groot brandpunt in Amerika was.

Hierdie woorde, vergifnis, versoening en geregtigheid, is nie nuwe woorde nie, daar word voortdurend daaroor gepraat. Hierdie woorde is ’n keuse, jy kan self besluit of jy dit wil wegstoot of aanvaar. As dit egter nie toegepas word nie, kan dit ’n gemeenskap vernietig. Ons het dit al regoor die wêreld sien gebeur.

Kom van twee kante

Vergifnis kom van twee kante af. Dit gaan eerstens oor die oortreders. Om vry te wees is om die oortreders se dade te laat gaan. Dít is vergifnis. Om dus nie die laste van die oortreder se dade te dra nie, maar om dit in sy hande terug te sit.

Die tweede deel gebeur eintlik outomaties, dit gebeur gelyktydig met die eerste proses. Dit het te doen met veerkragtigheid. Om weer op te staan en te floreer. Hierdie gedeelte het te doen met die slagoffer. Vergifnis bevry albei partye. Dit vind nooit eensydig plaas nie.

Een van die grootste foute wat mense met vergifnis maak, is om te dink dat hulle die oortreder straf deur die wrok wat hulle saamdra.

Een van die grootste foute wat mense met vergifnis maak, is om te dink dat hulle die oortreder straf deur die wrok wat hulle saamdra.

Die slagoffer sien nie dat hy homself gevange hou deur vas te klou en nie te vergewe nie.

Ons moet besef dat ware versoening lei tot vergifnis. Maar dit kan ook gebeur dat daar vergifnis is sonder versoening. Emeritusaartsbiskop Desmond Tutu sê: “Forgiving is not forgetting, it is actually remembering – remembering and not using it to hit back.”

  • Goliath Ponie (26) is 'n teologiestudent aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is oorspronklik van die Noord-Kaap en is gebore in Hopetown. Sy moedertaal is Xhosa, maar hy is Afrikaanssprekend.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg Die Student op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 113/1
West Indies 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.20
+0.5%
Rand - Pond
21.53
+0.2%
Rand - Euro
18.24
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Goud
1,785.74
-0.4%
Silwer
22.86
-1.3%
Palladium
1,780.29
+1.6%
Platinum
955.36
-0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
63,601
+1.9%
Alle aandele
70,009
+2.0%
Hulpbronne 10
65,581
+2.4%
Industriële 25
93,900
+1.1%
Finansiële 15
13,460
+3.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos