Entstof teen wantroue in die wetenskap

akkreditasie

Te midde van ’n ongekende internasionale krisis, sit ons met volskaalse skermutselinge. Ek verwys nie na die Covid-19-pandemie nie, maar na die oorlog rondom die entstof.

Loopgrawe word by die dag dieper gegrawe en elkeen is gewapen met sterk opinies.

Isaac Asimov het destyds gesê daar bestaan ’n beduidende linie van onkunde in die Westerse beskawing. Hierdie anti-intellektualistiese aanslag is gegrond op die verdraaide beginsel dat elkeen se opinie ewewigtig is in terme van waarheidswaarde.

As ons twee uiteenlopende opmerkings vat en dit vergelyk met ’n objektiewe feit, dan staar ons ons vas in die gesig van ’n digotomie: een persoon is reg, die ander verkeerd.

Ons kan tog nie albei reg wees oor, byvoorbeeld, of die Covid-19-entstof goed of sleg vir ’n mens is nie?

My vraag is: Hoekom is daar vandag so ’n sterk wantroue in die wetenskap?

Die bestudering van wetenskapgeskiedenis verklap dat die bevooroordeelde media se uitlatings oor wetenskap teenstrydig is met die filosofiese beginsels van die generering van kennis.

DF Luttig Foto: Verskaf

Baie van die antieke Grieke het geglo in die soeke na waarheid, en dat ’n mens nooit tevrede moet wees om op te hou strewe na die “uiteindelike” waarheid nie.

Een van die wetenskaplike kernbeginsels berus daarop dat jy altyd bewus moet bly dat jy verkeerd kan wees, terwyl jy volstaan by dit wat tans die beste bewyse is vir ’n gegewe geval.

Universele waarhede is nie altyd waarneembaar nie omdat die werklikheid nog nie totaal bekend aan die mens is nie. In die 20ste eeu het baanbrekers soos Karl Popper bewerkstellig dat die wetenskap ’n proses is om ’n hipotese verkeerd te bewys: Hoe meer dit dan die toets van vervalsbaarheid weerstaan, en hoe meer ander navorsing ooreenstem met die gevolgtrekking, hoe sterker is die geloofwaardigheid daarvan.

Wetenskap bestaan uit wat Michael Shermer beskryf as “onafhanklike lyne van ondersoek” van die onderlinge wetenskapprofessies. Oor die eeue heen word teorieë ontwikkel en paradigmas geskuif weens die prosesse.

Dit is nie altyd sonder weerstand nie: Galileo is voor die kerk gedaag en met marteling gedreig omdat hy dit durf waag het om die Kopernikaanse heliosentriese model te verdedig; dit het ’n paar honderd jaar gevat voordat Einstein die waarnemings van Newton verfyn het met sy teorie van relatiwiteit; die reis na die maan was gesaai met terugslae voordat dit suksesvol was – vandag nog vernuwe maatskappye soos SpaceX die bedryf.

Die punt is: Die wetenskap is altyd aan die woeker om te soek na ware kennis en is nooit tevrede dat dit bereik is nie.

Is daar dalk aspekte in die bedryf, en ander skadu-magspelers, wat die kommunikasie van feite tussen die wetenskap en die publiek belemmer?

Ek woon onlangs ’n webinar by oor die etiek in navorsing (néé, nie die foeliehoedjie-tipes soos onlangs opspraak gemaak het nie). Een van die kenners wys in sy aanbieding hoe navorsers al in die verlede omgekoop is deur die farmaseutiese bedryf, die sogenaamde “Big Pharma”.

Onlangs is ’n artikel verwyder oor . . . ja, jy het reg geraai, hoe ’n ingeënte persoon se selle kan reageer op 5G-seine!


In dié opsig wek Ben Goldacre se boeke ook kommer oor wat buite die bewussyn van die publiek aangaan. So word die publiek se vertroue in die wetenskap ongelukkig stelselmatig afgetakel. Die webtuiste Retraction Watch hou ons genadiglik op die hoogte van watter studies ná publikasie teruggetrek is weens die wanvoorstelling van weersprekende resultate of foutiewe gevolgtrekkings.

Onlangs is ’n artikel verwyder oor . . . ja, jy het reg geraai, hoe ’n ingeënte persoon se selle kan reageer op 5G-seine! Jy kan jouself net indink hoe dit onmiddellik in die media gerapporteer sou word, en opgeëet word deur mense wat verskeie samesweringsteorieë aanhang.

En dan, nadat die studie onttrek is, was daar sekerlik min oor gerep. Dus sit die publiek met “waninformasie” – wat daarmee gemaak?

Inligting versprei soos veldbrande op Facebook, WhatsApp en Reddit. Ongelukkig word die mantra “ek het nagevors” rondgeslinger sonder veel reflektering oor wat navorsing werklik vereis. Die meeste begin die kamstige ondersoek met wat hulle rééds glo en bevestig dan hul vertrekpunt. Enkelinge en splintergroepe se woord word meer wet as dié van die wetenskaplike broederskap.

Kritiese denke is belangrik, maar elke Jan Rap en sy maat het nou verander in ’n 16de eeuse René Descartes.


Kritiese denke is belangrik, maar elke Jan Rap en sy maat het nou verander in ’n 16de eeuse René Descartes wat oor elke liewe ding skepties wil wees, in so ’n mate dat hulle stop net kort voordat hul eie bestaan bevraagteken word. Verder hits tegnologie meer ekstreme sienings aan deur “terugvoerlusse” te skep waar ons eintlik gevoer word met ons eie oortuigings wat ons in wese gestrand laat in spreekwoordelike eggokamers.

Myns insiens moet leke nie alleen verantwoordbaar gehou word vir die glo in en verspreiding van waninligting nie. Media, tegnologie en politici is gou om saam in die wetenskapkoor te sing en situasies uit te buit vir hul eie gewin. Die media se strooiman-voorstellings van wetenskap met frases soos “the science is settled” of “alle wetenskaplikes is dit eens” is bog.

Hierdie verskynsel word dikwels gebruik deur dié wat ’n morele grootheidswaan voorhou. ’n Mens begin perspektiewe ontwikkel soos “jy is dom omdat jy x glo”, soveel so dat wanneer iemand deesdae die verkrampte woord “covidiot” gebruik, ’n mens nie eens seker is na wie verwys word nie.

Die polarisasie van die Amerikaanse politiek wat oorspoel na Suid-Afrika, plaas mense in kampe van “liberaal” en “konserwatief”.

Dit raak dan ’n identiteitspolitieke kwessie om ander se sienings te ondermyn deur ’n aanslag op hul politieke oortuigings te maak.

Ons eie regering wat die land in die steek gelaat het weens grootskaalse onbevoegdheid, se steun aan kwessies antagoniseer outomaties baie mense wat hulle eerder wil distansieer van die regerende party (of hulle korrek is of nie is nie relevant nie).

Hoe seker is ons dat dit waarin ons glo, voorwaar onberispelik is?

Die korrekte dosering van kennis is kritiek, maar nie die soort kennis wat ons vooropgestelde standpunte staaf nie. Ons kan moontlik begin deur ons lendene te omgord met die verstaan van die eerste beginsels, die fondasie, waarop die wetenskap rus. Die alternatiewe opsies lyk veel meer Kafkaägtig.

  • DF Luttig is besig met sy meestersgraad in kliniese sielkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieel nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier!
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

besig om te laai... Regstreeks
Mamelodi Sundowns 1
Marumo Gallants FC 1
besig om te laai... Regstreeks
United States of America 161/2
Scotland 0
Rand - Dollar
15.57
+1.0%
Rand - Pond
19.66
+0.2%
Rand - Euro
16.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,853.66
0.0%
Silwer
22.12
0.0%
Palladium
2,076.50
0.0%
Platinum
956.50
0.0%
Brent-ruolie
119.43
+1.7%
Top-40
63,883
+1.4%
Alle aandele
70,486
+1.4%
Hulpbronne 10
76,948
+0.6%
Industriële 25
76,115
+1.3%
Finansiële 15
16,257
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos