Gedorie, dis ’n nee vir Mogale!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Timothy NelFoto: Verskaf
Timothy NelFoto: Verskaf

Daar is ’n baie ontstellende video wat die ronde op sosiale media doen.

Ek weet nie wie die kandidaat vir die onderhoud aangewys het nie, maar die slotsom is dat sy nie daar moes gewees het nie. Ek is seker dat alle LLB-gegradueerdes, selfs diegene met ’n sertifikaat in die regte, skaam gekry het toe hulle die gebrek aan kennis en totale ongeërgdheid moes aanskou.

Ek verwys natuurlik na die afgelope week se onderhoude deur die Regtelike Dienskommissie (RDK) vir geskikte kandidate vir regters in verskeie afdelings van die regbank, en meer spesifiek die onderhoud met adv. KJ Mogale. Mogale is uitgevra oor die verskil tussen grondwetlike oppergesag en parlementêre soewereiniteit. Haar wonderlike vertoning van ’n gebrek aan regsbegrip was oorverdowend om die minste te sê!

Dit was net weer ’n klinkklare bewys van die totale onbevoegdheid wat in die drie sfere van die regering heers.

Ons weet van korrupte staatsamptenare en parlementslede wat hulself op die spreekwoordelike soustrein versuip, terwyl Jan en Alleman nog kreun onder die las van Covid-19; binnegevegte in ANC-geledere wat die funksionering van die uitvoerende gesag en die kabinet, asook die land se ekonomie, ondermyn, en die reikwydte van die gereg wat te kort blyk te wees om die lang vingers van die kaders uit die staatskoffers te kap.

En, hierdie olifant kan ons land finaal ten gronde dryf as ons nie daadwerklik optree

Ons weet dat die ANC die hoofbeskuldigde in die vlaag van korrupsie is wat soos die suidoostewind in Delft verwoesting in die land saai; dat deursigtigheid en aanspreeklikheid glad nie hoogty vier in die huidige administrasie nie en dat skuldiges aan staatskaping dalk glad nie in ons leeftyd aan die pen gaan ry nie.

Maar, nou is hier klaar duidelik ’n ander olifant in die vertrek.

En, hierdie olifant kan ons land finaal ten gronde dryf as ons nie daadwerklik optree om mense wat nie net die nodige kwalifikasies het nie, maar skerpsinnig is, buitengewone regskennis het, goed gefundeerde argumente kan maak en die reg besonder goed kan interpreteer op die regbank te plaas nie.

Kaderontplooiing heers in ons staatsdiens, maar baantjies vir boeties en sussies het geen plek op die regbank nie. Daar is gekwalifiseerd en goed doodeenvoudig net nie genoeg nie!

Ons het in die afgelope paar jare gesien watter belangrike rol die regbank speel in die behoud en beskerming van ons land se demokrasie.

En ons durf nie aan die funksionering, geloofwaardigheid en onafhanklikheid van die regbank peuter nie!

Die afgelope tyd het dit ook duidelik geword dat die regbank aangeval word van binne en buite. Ons kan natuurlik begin met oudpres. Jacob Zuma en sy voortgesette pogings om sy beweerde aanspreeklikheid vir staatskaping te ontduik. Ondanks meer as 30 getuies wat voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping oor sy betrokkenheid getuig het, toon Zuma geen voorneme om sy weergawe van die gebeure te verstrek nie.

’n Funksionele, geloofwaardige en onafhanklike regbank is immers die enigste kaart wat ons nog het om ons demokrasie te beskerm.

Toe regter Zondo teen hom wou optree, is verskeie aanvalle teen Zondo en ander prominente figure op die regbank geloods. Die werking van ons howe word belemmer en die oppergesag van die reg verswak deur sulke aanvalle op die regbank. En, versuim om die bevele van ons howe toe te pas, verswak ons grondwetlike demokrasie.

Deur mense soos Mogale aan te stel, sal die bogenoemde verskynsel vererger en geloofwaardigheid in die regbank verder afbreek. Skokkender is die feit dat Mogale tans as waarnemende regter dien. Ek is seker dat ek nie die enigste een is wat haar uitsprake onder oë sal wil kry nie…

Ons kan nie aanhou om selfvoldaan te wees oor die legitimiteit van die regbank, in die besonder, en die regstelsel in die algemeen nie. Daarom moet ons poog om mense soos Mogale uit die regbank te hou aangesien die regbank nie ’n plek is vir middelmatigheid en gebrekkige kennis nie. Wanneer ons pleit vir inklusiwiteit in die verskillende sfere van regering, die ekonomie en die regbank, verwys ons na mense wat uitnemendheid uitstraal, gewillig is om te leer, wat meer wil doen en wat die basiese beginsels in hul verskillende beroepsvelde lank reeds bemeester het, en beslis nie persone met ’n traak-my-nie-agtige houding nie.

’n Funksionele, geloofwaardige en onafhanklike regbank is immers die enigste kaart wat ons nog het om ons demokrasie te beskerm.

  • Timothy Nel is ’n nagraadse regstudent verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland, waar hy in korporatiewe finansies en bestuur en internasionale handelsreg spesialiseer. Hy is oorspronklik van Ebenhaeser, sowat 30 km buite Vredendal.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat?Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:




Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos