Grootste les van 2021: Deursettingsvermoë kry jou deur die lewe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nikita Naudé Foto: Verskaf
Nikita Naudé Foto: Verskaf

Deursettingsvermoë – dit is die enkele woord wat onmiddellik in my gedagtes opkom wanneer ek nadink oor wat die grootste les is wat ek vanjaar geleer het.

Nie net was dit die grootste les nie, maar dit was ook die moeilikste – en die moeite werd.

Mense besef nie altyd hoeveel ’n student op een slag moet balanseer nie.

Jou studies, jou verhoudinge, jou toekoms en jou doelwitte. En dít is boonop al die verwagtinge wat ander van jou het. Ewe skielik is jy ’n volwassene, en daar word van jou verwag om soos een op te tree.

Maar iewers in die proses word jou hart gebreek, of jy kom nie deur al jou vakke nie, of jy word verneder en jy voel stoksielalleen. Krake begin vorm in jou refleksie. Jy weet jy stel almal teleur, en nog erger – jy stel jouself teleur.

Jy wil wegkruip en die wêreld net uitskakel. Jy besef dat die lewe om jou aangaan, niks staan stil nie. Dis net ’n gegewe dat jy ook moet aanhou en volhou. Ek het dit nooit voorheen soveel ervaar soos vanjaar het nie.

Alles het meteens skeefgeloop. Net wanneer ek gedink het ek is weer staande, het nog ’n vlaag my platgeslaan. Dit het gevoel asof ek by die diepkant ingegooi is sonder dat ek geweet het dat ek moet swem.

Nou is die jaar verby, en ek sukkel nie meer om in die spieël te kyk nie.

Ek was toe vroeg vanjaar gedwing om lank na my refleksie te kyk en eerlik te wees. Watter soort mens is ek as ek toelaat dat mense of omstandighede my definieer? Waar gaan ek eindig as ek alles waarvoor ek so hard gewerk het, deur my vingers laat glip elke keer wanneer dinge nie so goed gaan nie?

Die vrae het my die belangrikheid van deursettingsvermoë geleer. Ek het geleer dit beteken nie dat ek my probleme moet ignoreer of die seer moet wegsteek nie. Maar dit het my geleer dat daar soms dinge is wat belangriker is.

Dinge wat my aandag verdien en wat meer gaan beteken in die groter prentjie.

Nou is die jaar verby, en ek sukkel nie meer om in die spieël te kyk nie. Ek weet nou dat ek die krag het om ondanks alles nie op te gee nie. Om nie diegene wat my seergemaak het verder beheer oor my lewe te gee nie. Om nie myself verder te straf vir foute en mislukkings nie. En om myself van die grond af op te tel, af te stof en vorentoe toe te stoot. Want dít is deursettingsvermoë. En dít is hoe ’n mens deur die lewe kom.

Wanneer die wêreld teen jou draai, wanneer jy voel asof dit soveel makliker sal wees om net op te gee as om aan te gaan – dít is wanneer dit die meeste saakmaak dat jy nie tou opgooi nie.

Dit gaan vir ewig bepaal watter soort mens jy is – wat jy doen wanneer jy ’n terugslag ondervind en onverwagse struikelblokke oor jou pad kom. Dit het my lank gevat om dit te besef, maar ek is so dankbaar ek het.

En voor die nuwe jaar begin, herinner ek myself: Moenie geleenthede verder van jouself af wegneem net omdat dinge soms nie uitwerk soos wat jy wou gehad het dit moet nie.

Jy ís die moeite werd en jy gaan jouself eendag bedank dat jy deurgedruk het. Neem verantwoordelikheid vir jou lewe, niemand gaan uitkyk vir jou soos wat net jy kan nie. Staan op. Daag Op. Al is dit met trane op jou wang. En belangrikste van alles – moet nooit opgee nie.

  • Nikita ’n vierde-jaar regstudent aan die Universiteit van Pretoria.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Rand - Dollar
15.66
-0.0%
Rand - Pond
19.58
+0.2%
Rand - Euro
16.70
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.07
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,856.54
-0.5%
Silwer
21.88
-1.1%
Palladium
1,996.00
-0.6%
Platinum
947.50
-0.9%
Brent-ruolie
113.56
+0.1%
Top-40
60,925
-0.4%
Alle aandele
67,412
-0.4%
Hulpbronne 10
73,742
-0.8%
Industriële 25
72,105
+0.5%
Finansiële 15
15,606
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos