Hoekom moet 'n vrou haar man se van neem?

akkreditasie
Marciel Hopkins
Marciel Hopkins

Van kleins af droom ek oor my loopbaan en hoe ek die wêreld vol sou wou reis. Dit was nooit hoog op my prioriteitslysie om te trou en kinders te hê nie. Ek het altyd gesê as ek ’n wonderlike man ontmoet, sal ek dit met ope arms verwelkom.

Einde 2015 ontmoet ek toe onverwags en heeltemal onkant gevang ’n wonderlike man. Dit is nou vier jaar later en ’n mens dink aan trou, hoewel daar geen haas is nie.

Dit was nooit hoog op my prioriteitslysie om te trou en kinders te hê nie.

So kuier ons ’n ruk gelede by mense wat binnekort gaan trou. Die vrou aan die etenstafel vertel hoe opgewonde sy daaroor is om haar van na haar man s’n te verander. Sonder om te veel daaroor te dink, sê ek: Ek het nog nie besluit of ek eendag my man se van gaan aanneem nie.

Soos hulle in Engels sou sê, I opened a can of worms! Voor ek enigsins myself kon verduidelik, het die mans om die tafel my baie vinnig hul patriargale mening gegee. “Hoe kan ek daaraan dink om nie jou man se van te vat nie? Dit is ’n belediging vir hom!”

“Is jy skaam vir jou man se van, is dit hoekom jy nie sy van wil vat nie?”

Ek het nog nie besluit of ek eendag my man se van gaan aanneem nie.

Tot my skok het ek werklik nie besef dit is iets waaroor mans en hul ego’s so sterk voel nie! Nadat hulle my uiteindelik soort van ’n spreekbeurt gegee het, het ek gevra hoe hulle sou voel as die instelling andersom was. Hoe sou hulle daaroor voel as dié Westerse norm andersom was: As hulle hul vrou se van móét aanneem sodra hulle trou. Doodse stilte. Nie een van hulle het al so daaraan gedink nie en nie een van hulle sou bereid wees om dit te doen nie.

Laat elkeen self kies

Ek is glád nie teen vroue wat hulle mans se van wil aanneem nie, inteendeel, die opwinding daarvan is vir my mooi. Maar ek glo nie ons kan alle vroue oor dieselfde kam skeer nie. As iemand nie haar van vir ’n man wil verander nie, moet daar geen oordeel daaroor wees nie. Dit kan nie aan iemand opgedwing word nie.

LEES OOK: Om te trou is nie alles nie

Ek dink nie as jy iemand vra om met jou te trou moet dit net as vanselfsprekend aanvaar word dat jou vrou haar van gaan verander nie. Dit is ’n gesprek wat tussen individue bespreek en besluit moet word. My van is deel van my identiteit en dit is iets wat my baie na aan die hart lê. Dit is my trots, my erfenis en iets waaroor ek baie sterk voel om te behou.

Vir sommige vroue gaan dit oor die praktiese aspekte van die saak: Hulle het reeds ’n professionele reputasie gebou oor die jare as dokter, aktrise of advokaat. Mense sal sukkel om hulle te vind of deurmekaar wees met wie hulle nou is as hulle hul van verander.

My van is deel van my identiteit en dit is iets wat my baie na aan die hart lê.

Dink aan iemand soos Minki van der Westhuizen: Haar Instagram is na jare van getroude lewe steeds @minkivanderwesthuizen, want dit is hoe mense haar en haar professionele brand ken. Anna-Mart van der Merwe is ook ’n bekende aktrise wat nog al die jare haar van behou het al is sy getroud. ’n Vriendin van my voel baie sterk daaroor om haar van te hou, want daar is geen broers in die familie wat hulle van gaan kan voortdra nie.

Geen magstryd

Die Universiteit van Nevada het in 2017 drie studies in Engeland en Amerika gedoen om te bepaal wat mense se persepsies van ’n huwelik se magsverhouding is as die vrou nie haar man se van aanneem nie. Die bevindinge was dat die man beskou word as iemand met minder manlike eienskappe en mag in die verhouding.

In ’n Suid-Afrikaanse konteks met ’n sterk patriargale kultuur, kan baie mans beledig, verwerp en geminag voel as ’n vrou nie hul van wil aanneem nie. Die sielkundige uitwerking op die man gaan afhang van hoe die spesifieke individu oor die onderwerp voel en wat sy redes daarvoor is.

Die besluit hoef nie noodwendig oor ’n magstryd te gaan nie, maar eerder oor hoe goed die paartjie met mekaar kan kommunikeer. Baie paartjies ontmoet mekaar halfpad en kies dan ’n koppelteken van vir die vrou, byvoorbeeld Le Roux-Botha.

Baie paartjies ontmoet mekaar halfpad en kies dan ’n koppelteken van vir die vrou, byvoorbeeld Le Roux-Botha.

Ek skryf nie hierdie stuk om vroue aan te moedig om nié hul man se van aan te neem nie. Ek skryf dit om te vra dat ons meer oopkop moet wees oor ander vroue se besluite en om hulle nie daaroor te oordeel nie.

Hierdie onderwerp gaan oor vroue wat die proses om hulle van te behou as bemagtigend ervaar, eerder as mans wat in die proses mag verloor. Enige maatskaplike veranderinge in ’n samelewing gaan teenstand kry, maar ons moet vooruitstrewend kan wees in ons denke om waardes te kan uitdaag.

Wat jy ook al oor die kwessie besluit, mag jy altyd ander se keuses in die proses ook respekteer.

  • Marciel Hopkins (25) is 'n model, life coach, motiveringspreker en 'n gasskrywer vir Die Student. Sy het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en het in Franschhoek en die Paarl groot geword.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Ons stuur elke Vrydag ‘n nuusbrief uit met die drie gewildste meningstukke van die week. Klik hier en teken in vir die Stemme-nuusbrief.
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 465/10
Sri Lanka 397/10 & 39/2
Rand - Dollar
16.05
-0.8%
Rand - Pond
19.81
+0.3%
Rand - Euro
16.81
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.17
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-1.8%
Goud
1,821.57
+0.4%
Silwer
21.47
-0.8%
Palladium
1,997.50
-2.9%
Platinum
939.50
-1.7%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
62,494
-0.9%
Alle aandele
69,083
-0.9%
Hulpbronne 10
71,795
-1.4%
Industriële 25
76,804
-1.3%
Finansiële 15
16,026
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos