Hoekom steur jeug hulle nie aan SA kwessies nie?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Joréke KleynhansFoto: Verskaf
Joréke KleynhansFoto: Verskaf

In die moderne wêreld van kommunikasie is sosiale media en die internet voorlopers wanneer dit kom by die verspreiding en inneem van inligting.

Sosiale media skep ’n reklamewa-kultuur waarvolgens die meeste gebruikers leef.

Die reklamewa-effek veroorsaak dat mense, ongeag hul persoonlike waardes, deelneem aan iets net omdat ander mense dit doen, weens hul behoefte om deel te wees van ’n groter geheel.

Dit beteken elke keer wanneer iets nuuts mode is, spring die meeste van hulle op die wa en neem sonder huiwering deel aan wat ook al die jongste gewilde sêding, aktiwiteit of selfs wêreldbeskouing is.

Díe fenomeen raak prominenter elke keer wat ’n aktuele kwessie in die kuberruim opduik.

Die doeltreffendheid van aanlyn aktivisme is ’n hele ander gesprek en dit is nie noodwendig die grootste euwel van ons tyd nie.

Wat wel pla, is hoe die Suid-Afrikaanse jeug die aktuele kwessies van elke land buiten ons eie op sosiale media deel.

’n Onlangse voorbeeld hiervan is hoe Suid-Afrikaners in die afgelope paar weke duisende plasings oor die Taliban se beheer oor Afganistan op sosiale media gedeel het. Daar is egter minimaal gedeel oor Zuma se mediese parool of die komende plaaslike verkiesings.

Dit, ondanks die feit dat die soort sosio-ekonomiese kwessies wat ons land in die gesig staar, elke burger op die een of ander manier beïnvloed.

Dit alles laat ’n mens wonder hoekom die Suid-Afrikaanse jeug nie deelneem aan bewusmaking van die dinge wat óns land op sy knieë dwing nie?

Die feit dat die jeug nie naastenby soveel belangstelling toon in Suid-Afrikaanse politiek soos in dié van ander lande nie, behoort ’n baie groter frustrasie te wees as wat dit vir die meeste mense is.

Die mees logiese rede daarvoor behoort te wees dat die sensasie nie lank genoeg hou nie.

Wanneer ’n Suid-Afrikaanse gebeurtenis wel gewildheid op die internet verwerf, is dit in elk geval maar van korte duur.

Die mees logiese rede daarvoor behoort te wees dat die sensasie nie lank genoeg hou nie. Dit impliseer dat daar nooit werklike belangstelling was nie, maar eerder die behoefte om ’n humanitêre persona aanlyn te handhaaf.

Verder is dit moontlik dat Suid-Afrikaners net finaal hoop verloor het met ons land. ’n Groot aantal mense voel dat daar niks meer te doen is aan ons land se politiese klimaat nie.

Dit is grootliks omdat dit voel asof politici landsburgers se behoeftes en insette meestal ignoreer. Dus glo Suid-Afrikaners deesdae dat buitelandse sosiale kwessies, waar aktivisme ’n merkbare verskil kan maak, hul tyd en aandag werd is, eerder as in Suid-Afrika, waar dit blyk dat niks die rigting van hierdie trein sal kan verander nie.

Wat ook al die rede, die feit bly staan: Suid-Afrikaners behoort in ’n tyd soos nou, wanneer geregtigheid, vryheid en gelykheid in die land daagliks in die gedrang is, juis meer betrokke te raak by die samelewing en aktuele kwessies.

  • Joréke Kleynhans studeer BA Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit en is oorspronklik van Pretoria.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.29
-1.2%
Rand - Pond
20.63
-0.7%
Rand - Euro
17.32
-1.0%
Rand - Aus dollar
10.92
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-1.0%
Goud
1,839.79
+0.3%
Silwer
23.90
-1.6%
Palladium
2,149.50
+1.8%
Platinum
1,028.50
-0.5%
Brent-ruolie
87.89
-0.6%
Top-40
65,653
-3.9%
Alle aandele
72,164
-3.7%
Hulpbronne 10
71,479
-4.8%
Industriële 25
90,959
-3.5%
Finansiële 15
14,713
-2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos