Is die internet vandag se penisillien?

akkreditasie

Die Verenigde Nasies het onlangs toegang tot die internet as ’n basiese mensereg verklaar.

Alhoewel dit meer verband hou met die polemiek oor sensuurwette en die regering se reg om sekere inligting van internetgebruikers te weerhou, hou dit ook interessante implikasies in vir mense in die laer inkomstegroepe wat eenvoudig nie internet kan bekostig nie – veral in ’n land soos Suid-Afrika waar data besonder duur is.

Die internet is bes moontlik die vernaamste en verreikendste tegnologiese ontwikkeling van die moderne tyd en ’n mens kan redeneer dat dit die elektrisiteit van die 21ste eeu is.

In minder as 50 jaar het die internet elke denkbare aspek van ons lewens beïnvloed, en dit is amper onmoontlik om jou in 2018 in te dink aan ’n lewe sonder die internet. Vergelyk die invloed van die wêreldwye web met die ontdekking van penisillien in 1928. Dit was eers baie moeilik om dié wondermedisyne op groot maat te produseer. Die eerste vorm daarvan wat aan die publiek beskikbaar was, was sonder twyfel net beskikbaar aan diegene van hoë sosiale en ekonomiese stand, maar byna 100 jaar later is dit daar vir gebruik deur almal omdat elke mens die reg het tot mediese behandeling, of jy dit kan bekostig of nie.

Sowat 65% van Suid-Afrikaners besit na raming reeds ’n selfoon en daar is meer as 80 miljoen aktiewe subskripsies vir lugtyd by die verskeie diensverskaffers in die land. Die infrastruktuur bestaan dus reeds, dit is net toegang wat makeer.

Dit klink dalk radikaal om die internet met penisillien te vergelyk, totdat die internet op ’n minder oppervlakkige wyse bestudeer word.

Daar is byvoorbeeld ’n magdom betroubare bronne waarby kennis oor mediese toestande, noodhulp, voorbehoedmiddels en seksueel oordraagbare siektes verkry kan word, kennis wat noodsaaklik is in lae-inkomstegemeenskappe wat dikwels nie dié kennis in die skool kan kry nie.

Voeg daarby die toegang tot opvoeding wat die internet verskaf – sowel informeel as in die vorm van aanlyn kursusse en selfs University of the People – ’n gratis aanlynplatform geborg deur maatskappye soos Google en Microsoft – waardeur ’n diploma of graad in besigheid, rekenaartegnologie of mediese wetenskappe verwerf kan word. Die enigste vereiste is gereelde en betroubare toegang tot die internet.

Natasha Harmse.

Sowat 65% van Suid-Afrikaners besit na raming reeds ’n selfoon en daar is meer as 80 miljoen aktiewe subskripsies vir lugtyd by die verskeie diensverskaffers in die land. Die infrastruktuur bestaan dus reeds, dit is net toegang wat makeer.

Dit word duidelik waarom die Verenigde Nasies dié skynbare voorreg as ’n mensereg herstempel het.

Die vraag is of ons regering bereid sal wees om sekere stappe te doen om te verseker dat elke Suid-Afrikaner die reg tot sy voordeel sal kan geniet?

Is daar ’n manier om positiewe gebruik van die internet aan te moedig en te beloon deurdat gratis toegang slegs tot sekere webwerwe verskaf word?

Dalk sal dit die eerste stap wees in die rigting van goeie opvoeding en toegang tot kennis vir almal, en nie net vir dié wat gelukkig genoeg is om dit te kan bekostig nie.

  • Natasha Harmse (24) studeetr BA Geesteswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Sy kom oorspronklik van Gauteng.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.53
+1.2%
Rand - Pond
20.06
+0.7%
Rand - Euro
16.90
+1.0%
Rand - Aus dollar
10.87
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,769.80
+0.2%
Silwer
23.69
+2.1%
Palladium
2,102.50
+3.9%
Platinum
1,043.68
+0.4%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,190
-0.1%
Alle aandele
66,776
-0.0%
Hulpbronne 10
63,288
-0.5%
Industriële 25
84,981
+0.6%
Finansiële 15
14,022
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos