Jesus soek die kas oop

akkreditasie

Jesus het uit die kas geklim voor ek dit gedoen het.

Gelowiges is goed met kaste bou. Ons bou strukture en vestig interpretasies wat ons voorkeure in stand hou – kaste wat netjies getimmer is uit die hout van mag, beheer, en veiligheid.

Eerder as om die komplekse en selfondersoekende werk te doen om seksualiteit te verstaan, verdedig en regverdig sommige gelowiges hierdie kaste. Die meeste gelowiges spreek hulleself uit oor seksualiteit of oor gaywees (LGBT+), sonder om met deernis te luister na die verhale van gelowiges wat die spreekwoordelike kas van binne en buite ken.

My argument, my uitnodiging, is eenvoudig: Luister na wat die homoseksuele (LGBT+) dominee, die “hominee”, te sê het. Met hierdie nuutskepping, die hominee, wil ek gewoon twee wêrelde versoen: (homo)seksualiteit en die sogenaamde geestelike geletterdheid van dominees.

Die meeste gelowiges spreek hulleself uit oor seksualiteit of oor gaywees (LGBT+), sonder om met deernis te luister na die verhale van gelowiges wat die spreekwoordelike kas van binne en buite ken.

Die hominee verteenwoordig die beliggaamde mens, die geleefde verhaal, die holistiese wese. Of jy die hominee wil bekeer, hulle wil omarm en respekteer of net nuuskierig is, nooi ek jou uit om te luister. Dit gaan oor niks minder as blote menswaardigheid – maar ook oor soveel meer.

Ek vermoed dat die kas wat vir gay mense gereserveer word, opgerig is deur mense wat nie die taal het vir hul eie lyflikheid nie. In ons onvermoë gebruik ons beperkte Bybelse taal vir die kompleksiteit van seksualiteit, geslag, en verhoudings. ’n Mens kan dit selfs fascisme noem – die behoefte om die begeertes van ander, en hul verstaan van God, te beheer.

Ons dink ons beskerm Jesus, verdedig die evangelie en bewaar die waarheid. Maar Jesus bly daar, toegesluit, saam met die noodlydende, die arme, die verontregte, in die kas. Solank Jesus daar is, is ons veilig, getrou aan ons sekerheid.

Daar is iets te leer by gay mense oor die waarheid wat hulle beliggaam. Gay mense se seksualiteit is ’n geskenk vir die kerk. Twee mense wat hulself opoffer vir mekaar in liefde, hulself vir mekaar gee in liefde, word ’n teken van hoop vir die wêreld.

Gay mense se seksualiteit is ’n geskenk vir die kerk. Twee mense wat hulself opoffer vir mekaar in liefde, hulself vir mekaar gee in liefde, word ’n teken van hoop vir die wêreld.

Net soos ander rasse ’n spieël kan ophou vir die mag van witheid, of “armes” vir “rykes”, kan LGBT+-mense die kerk leer oor seksualiteit. Dit is nodig, want straight mense het seksualiteitsbevoorregting. Hierdie bevoorregting, enige bevoorregting, is om in staat te wees om keuses uit te oefen. As jy nie weet wat dit beteken nie, gaan gesels met ’n geduldige gay persoon. En betaal asseblief vir die koffie – onderrig kos iets.

Sommiges is bang dat ons besig is om sonde goed te praat wanneer ons ander vorme van seksualiteit teologies begrond. Gay gelowiges sal selfs getuig dat die grootste sonde waarvan gay mense bekeer moet word, eerder die selfverwyt is waarmee hulle toegegooi word in die naam van sogenaamde gehoorsaamheid.

As jy konstant jouself moet definieer deur wie jy nie is nie, bly daar bitter min van jouself oor. Daarom moet ons erken dat terwyl party gelowiges se “gewete” in die gedrang is, gay mense se lewe in die gedrang is. Dis ’n hangkas, nie ’n koskas nie.

Louis van der Riet

Om gesonde seksualiteit in ’n kas toe te sluit, is nie net kortsigtig en hartseer nie, dit weerhou gelowiges daarvan om ooit met integriteit lief te hê en genade te verkondig deur verhoudings. Omdat verhoudings ’n teken van God se genade is en omdat sommige mense die kerk sal verlaat as hulle nie binne ’n vaste verhouding kan leef nie, is om gay mense te weerhou van vaste verhoudings vergelykbaar daaraan om hulle van die evangelie te weerhou.

Ons hoef nie langer te luister na die selfbevrediging van hulle wat kies om te maak soos dié wie Jesus vermaan nie: “Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder dié wat wel wil ingaan.” (Matt 23:13b).

As jy mag het in ’n kerk, of selfs as jy dink jy het geen mag nie, oorweeg dit of dit dalk tyd is om te erken dat jy of jou kerk aandeel daaraan het om gay mense in die kas te hou.

Almal weet tog eintlik hoe dit gaan eindig. Die reënboog-rubicon is reeds oorgesteek.

Die kas/graf is leeg.

Jesus het uitgeklim/opgestaan.

  • Louis van der Riet (29) is ’n proponent van die NG Kerk. Hy is tans besig met sy doktorsgraad in sistemiese teologie aan die Universiteit Stellenbosch en die Vrije Universiteit in Amsterdam. Hy kom oorspronklik van Durbanville.
Wil jy vir Die Student skryf?

Is jy ‘n student en wil jy vir ons skryf?

Stuur ‘n e-pos aan diestudent@netwerk24.com met jou voorstel.

Ons hoor graag van jou!

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.54
-1.0%
Rand - Pond
21.12
-0.7%
Rand - Euro
17.59
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.16
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.0%
Goud
1,814.56
-0.3%
Silwer
23.52
+2.1%
Palladium
1,906.50
+1.5%
Platinum
987.00
+1.1%
Brent-ruolie
86.48
+0.5%
Top-40
68,282
-0.9%
Alle aandele
74,956
-0.9%
Hulpbronne 10
74,510
-0.3%
Industriële 25
94,294
-1.4%
Finansiële 15
15,338
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos